GKSA Synod designates MTC as an accredited institution for training its future ministers

It is with great gratitude that Mukhanyo Theological College (MTC) has been designated by the recent General Synod of the Reformed Churches in South Africa (GKSA) as an accredited study option for prospective ministers of the GKSA. From this year onwards, prospective ministers may enrol in MTC’s accredited theological training programmes. This enables GKSA students who register at the Theological School Potchefstroom (TSP), under the guidance of both the TSP and Mukhanyo Theological College’s Potchefstroom Centre, to pursue Scripture-faithful, accredited degrees in Afrikaans and English, with church-appointed professors and approved lecturers.

This decision marks an important milestone for Reformed theological education in South Africa. The programmes are offered in English and Afrikaans and are presented by church-appointed professors and lecturers who are committed to the authority of Scripture, the Reformed confessions, and the faithful formation of future ministers.

Through this arrangement, students benefit from academically rigorous and nationally accredited qualifications while remaining firmly rooted in the theological and ecclesiastical framework provided by the GKSA. This ensures that the training of ministers is both academically credible and spiritually grounded, equipping students not only for the intellectual demands of ministry but also for the pastoral, missional, preaching, and other teaching responsibilities of service in Christ’s church.

The decision also broadens access to high-quality Reformed theological education beyond the GKSA. Other theological students seeking accredited training on a Reformed foundation may likewise enrol in these programmes, whether in English or Afrikaans, in Potchefstroom and at other MTC campuses and centres. This provides a valuable opportunity for a wider community of students to study theology in a context that is Biblically Reformed, confessionally faithful, academically strong, and practically oriented towards service in the church of our Lord.

Mukhanyo Theological College views this development as a significant step in strengthening Reformed theological education in South Africa. It reflects a shared commitment between the GKSA, TSP, and Mukhanyo to equip future church leaders with a deep knowledge of Scripture, sound theological insight, and the character required for faithful ministry.

Mukhanyo looks forward to serving the GKSA and the wider Reformed community through this partnership and to welcoming students who desire to be trained for the ministry of God’s Word in a manner that is faithful to Scripture and fully accredited within the South African higher education framework.

GKSA-Sinode wys MTC aan vir die geakkrediteerde opleiding van hulle toekomstige predikante

Dit is met groot dankbaarheid dat Mukhanyo Teologiese Kollege (MTC) by die afgelope Algemene Sinode van die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika (GKSA) aangewys is as geakkrediteerde opleidingsinstansie vir voornemende predikante van die GKSA. Voornemende predikante kan vanaf vanjaar inskryf vir studies deur MTC se geakkrediteerde teologiese opleidingsprogramme. Dit bied die geleentheid dat GKSA studente wat inskryf by die Teologiese Skool Potchefstroom (TSP) onder leiding van die TSP en MTC se Potchefstroom sentrum, Skrifgetroue geakkrediteerde grade in Afrikaans en Engels kan deurloop, met kerklik-beroepe professore en goedgekeurde lektore daarby betrokke.

Hierdie besluit is ’n belangrike mylpaal vir gereformeerde teologiese opleiding in Suidelike Afrika. Die programme word in Afrikaans en Engels aangebied en deur kerk-aangestelde professore en dosente aangebied wat verbind is tot die gesag van die Skrif, die Gereformeerde belydenisskrifte en die getroue vorming van toekomstige bedienaars.

Deur hierdie reëling kan studente baat vind by kwaliteit akademiese en nasionaal geakkrediteerde kwalifikasies, terwyl hulle steeds betrokke bly in die teologiese en kerklike raamwerk wat die GKSA bied. Dit verseker dat die opleiding van predikante beide akademies geloofwaardig en geestelik gegrond is, en studente toegerus word, nie net vir die intellektuele eise van die bediening nie, maar ook vir die pastorale, missionale, prediking- en ander onderrigverantwoordelikhede in diens van Christus se kerk.

Die besluit verbreed ook die toegang tot hoëgehalte gereformeerde teologiese opleiding buite die GKSA. Ander teologiese studente wat geakkrediteerde opleiding op ’n gereformeerde grondslag soek, sal eweneens by hierdie programme kan inskryf, hetsy in Afrikaans of Engels, in Potchefstroom en by ander MTC kampusse en sentrums. Dit bied ’n waardevolle geleentheid vir ’n wyer gemeenskap van studente om teologie te studeer in ’n konteks wat Skrifgebasseer, gereformeerd, belydenisgetrou, akademies sterk en prakties gerig is op diens in die kerk van ons Here.

Mukhanyo Teologiese Kollege beskou hierdie ontwikkeling as ’n belangrike stap in die versterking van gereformeerde teologiese opleiding in Suid-Afrika. Dit weerspieël ’n gedeelde verbintenis tussen die GKSA, TSP en Mukhanyo om toekomstige kerkleiers toe te rus met ’n diep kennis van die Skrif, gesonde teologiese insig en die karakter wat nodig is vir getroue bediening.

Mukhanyo sien daarna uit om die GKSA en die breër gereformeerde gemeenskap deur hierdie vennootskap te dien en om studente te verwelkom wat begeer om vir die bediening van God se Woord opgelei te word op ’n wyse wat Skrifgetrou is en ten volle binne die Suid-Afrikaanse hoëronderwysraamwerk geakkrediteer is.

Subscribe to our newsletter

* indicates required
Ask Richard Ask Richard

FEATURED PROGRAMME

DONATE TO MUKHANYO

Mukhanyo equips Christians for ministry in Africa. Our main focus is to provide relevant, high-quality, biblical education in both in-service campus training and facilitated distance education modes. 

Help share God’s truth and light by donating now.